“Ons het jou VOETSPORE WAT ONS NALAAT boeke ontvang. Groot Waardering ook vir jou volgehoue passie om familiebesighede te help tot suksesvolle voortbestaan. MORESTER pluk die vrugte daarvan. Mooiloop.” Naas van der Merwe

“More Andre dankie vir die dokumente, dit is baie professioneel en volledig. Ek kan nie sien hoe ons suksesvol en in vrede kon voortgaan sonder die familiesamespreking saam met jou en die samevatting van die grondwet en opvolgplan op skrif. Dankie daarvoor dit is baie opwindend.”  Jan Groenewald , familieboerdery in Clocolan.

 “Goeiemore. Wil net baie dankie sê vir twee ongelooflike dae! Jy is n onuitputlike bron v inligting-maar veral die manier hoe jy verduidelik. Ons as familie voel verryk en hoop en glo ons kan nog ʼn ver pad saamstap!!!” Ansie Vlok, familieboerdery in Riebeeck Kasteel

 Leadership & Values presentation. “Having interacted with Mr Diederichs before, during and after the event personally, I can unequivocally state that he is passionate about his field of study and that he lives the values he so eloquently shares as guest speaker.”  Dr Louis Claassens, Director: Cluster: Office of standards compliance

 “Goeie mōre André. Dankie vd Forum en ook Venter Familie ding wat jy gestuur het.Ek, as ma, wil net vir jou soooooo DANKIE sê vir die vergadering. Man woorde is daar nie….maar dat jy n huge ommeswaai in ons lewe kom maak het…..welliswaar!!!!. Ek is soooo DANKBAAR dat jy oor ons pad gestuur is. Ek wens ons kon jou elke dag by ons hê, want n mens kan baie baie by jou leer. God jou nog baie lank spaar vir almal wat jou nog gaan nodig hê. Ek sal jou vir enige besigheid aanbeveel. Hoop om gou weer van jou te hoor en sien.” Liefde in Jesus. Annelize, familieonderneming in Delmas

“Jy doen ongelooflike werk en jy verskaf  ongelooflik baie harmonie in familiebesighede. Verder is die resultaat van jou werk dat besighede baie kan groei en in sekere gevalle eksponensieel. Jy sal baie seën ontvang.”  Nico van der Merwe, familieboerdery in Namibia

“Hallo Andre jy gaan my nie glo as ek vir jou moet vertel dat ons Chris, Niel van PRS en ons bestuurspan n twee dae strategiese sessie gehad het nie en dat ons weer na jou Besigheidsoerwoud, Veldwysheid en Leierskap waardes dvd’s gekyk het!!! Was weereens so sinvol en van toepassing gewees!!!” Delport Poolman, Bemarkingsbestuurder van PRS.